Tuis
Optredes & CD
Kontak

Mari Laufs matrikuleer aan die Hoërskool Alberton in 1996.  Daarna gaan studeer sy aan die (destydse) PU vir CHO te Potchefstroom en verwerf in 2001 ‘n BA graad in Tale en Kommunikasie.

Tydens haar studentejare was sy 3 jaar lid van die Alabama-Studentegeselskap.  Gedurende die groep se landswye toere tree sy as solis op en dien ook in 2000 op die bestuur.  Sy is bevoorreg genoeg om in 2000 saam met die groep by Huisgenoot Skouspel in die Superbowl ‘n buiging te maak.  Die groep verskyn ook op Pasella, Kyknet.

Sy vertolk hoofrolle in amateur-produksies by die universiteit.  Een van hierdie produksies word o.l.v Eden-sanger en musiekskrywer Johan Voster opgevoer.

In 2001 skryf en regisseur sy ‘n Cabaret Doringdraad Blues Café wat opgevoer word by Cachet Kleinteater Potchefstroom asook die Albertonse Burgersentrum.

In dieselfde jaar stig Mari haar eie Dramaklub ARTEM in Alberton.  ARTEM behartig nou nog teksskrywe, choreografie, sang, afrigting en regie van amateur-produksies wat  deur skole en universiteite aangepak word.

Tydens 2001 – 2005 maak Mari gereeld haar buiging op ATKV-verhoë van kunstefeeste.

In 2007 neem Mari haar debuut-CD op by Dolf Brits Studios Brakpan.  Die CD word in 2008 uitgereik en sy is tans steeds besig met konserte en verkope van CD: MARI.  Haar musiek is kontemporêr – Afrikaans sowel as Engels, met ‘n vars aanslag en  ‘n individuele stempel  duidelik afgedruk.

Mari tree graag as gaskunstenaar by korporatiewe/persoonlike funksies op asook enige ander funksies by skole, kerke ens.

In 2008 skryf sy weer ‘n cabaret – VIEUX AMIX – en tree in dieselfde jaar saam met Yolande Strauss by die George Teater sowel as Kunstegrot Thabazimbi op. In 2009 was die vertoning ook te sien in die Centurion Teater.

Kliek HIER om fotogallery te sien

Top